Die foto wys hoe 'n kerk in 'n voorstad waar ek gewoon het in 'n huis verander is nadat sy deure moes sluit. Dit het eers soos die tipiese NG kerk gelyk.
OORSIG VAN MY MEDIA ONDERVINDING BY NG ONRUS - ANDRE ALBERTS
Hier is 'n oorsig van my deelname in die media bediening die afgelope twee en 'n half jaar en 'n paar idees waarna ek sal wil strewe. Die oorsig is slegs ter inligting. Idees kan deur die mediaspan bespreek en gedebateer word. Hierdie webwerf waarin die oorsig is, is net vir interne gebruik waar idees en voorstelle gekommunikeer en verduidelik kan word.
Kommunikasie
My inleiding by die NG Gemeente Onrusrivier twee en 'n half jaar gelede was 'n uitnodiging om aan 'n kommunikasie vergadering deel te neem. Daarna het ek as vrywilliger begin deelneem in ondersteunende aktiwiteite ten opsigte van kommunikasie. Terwyl heelwat toekomstige maniere van kommunikasie en verwante aktiwiteite nagevors was is daar in die media struktuur van kerk deelgeneem en ondersteuning gebied.
Sondagdiens op die Internet
Twee media elemente was ge-identifiseer waaraan gewerk kon word. Die eerste was die beeld van die kerk wat op DVD na buite gedra is. Daar was elemente wat onmiddelik aandag kon geniet naamlik die videokwaliteit van die DVD wat gelei het na die kwaliteit lewering van toerusting en veral die van kamera en beligting. Die gehalte of "professionaliteit" van die video-opnames van die Sondagdiens kon ook verbeter word. Sondagdienste is vir die eerstekeer op die internet beskikbaar gemaak maar gemiddeld 5 tot 10 foute op 'n DVD moes gewoonlik reggemaak word voor dit opgelaai kon word.
Stagnante webwerf
Die tweede element waarna gekyk is was die kerk se stagnante Word Press webwerf wat vir die operateur te onvriendelik en ingewikkeld vir opdaterings was. Die webwerf was ook nie slimfoon bruikbaar nie. Daar was feitlik geen verkeer op die webwerf nie en Facebook het uiteindelik die platvorm van die kerk se amptelike inligting op die internet geword.
As identiteit ("brand") geniet Facebook en eienaar Mark Zuckerberg, in plaas van NG Gemeente Onrusrivier, eintlik die voordeel. In plaas van die omgekeerde werk NG Onrus vir Facebook se baas Mark! Facebook het oor die algemeen die reputasie van fopnuus, swak joernalisme, spelling, gramatika en tweedehandse inligting wat nie goed is vir 'n kerk nie. Daar was begin met daardie bewuswording en maniere hoe dit reggestel kon word. Omdat NG Onrus se Facebook "intern" bestuur word en slegs inligting vanaf binne die kerk gepubliseer word en direkte gemeente insette nie toegelaat word nie (socail media) is daar nie van die bogeboemde kwessies nie maar "NG Facebook" as identiteit of "brand" lyk maar net nie reg nie.
Webwerf vir slimfone
'n Gratis reaktiewe webwerf platform was gevind wat maklik was om te bedryf, op te dateer en die gebruik deur slimfoon gebruikers ook kon akkomodeer. Daar was doelbewus daarteen besluit om nie 'n webwerf diens soos WIX ten duurste aan te koop nie. Dit as gevolg van die groter visie ten opsigte van kommunikasie en vaardigheidsopleiding van gemeentelede. Die webwerf sou die een-stop destinasie vir gebuikers wees met duidelike en maklike navigasie. Die jongste nuus en amptelike kerk inligting wat besoekers kon vertrou sal eerste op die webwerf beskikbaar gemaak word. Die gebruik van PDFs as platvorm net vir Hartklop as 'n "aanhangsel" is nog onverstaanbaar.
Eenstop webwerf
Vir Facebook aanhangers sou dit 'n minder prominente teenwoordigheid binne in die webwerf geniet, net as sosiale media. Die webwerf sou ook videodienste, herhalings en 'n video argief akkomodeer wat maklik en sonder ingewikkelde skakels met die ander Facebook produk, nl die Whatsapp sosiale platform, bereik kon word. Alle bedieninge sou 'n verteenwoordigende subdomain webwerf onder die hoofwebwerf geniet wat maklik deur hulle eie lede opgedateer kan word.
Sal nie werk nie
Daar sal onmiddelik vir baie idees wat hier voorgestel word die reaksie wees "dit sal nie werk nie". Dit beteken gewoonlik maar net dat die persoon wat dit sê nie die vermoë het om dit te laat werk nie...
Kultuur
Die webwerf (en media oor die algemeen) moet soveel as moontlik 'n vriendelike, vrolike, gemaklike, lewendige, moderne, aantreklike, aanloklike, voorkoms weerspieël om selfs die jonger geslagte en middelklas te kan akkomodeer. Die webwerf moet 'n werklike en geloofwaardige weerspieëling van die kerk self, sy aktiwiteite, mense en gemeenskap wees.
Amptelik
Dit moet van nut wees, met akkurate, aktuele en amptelike inligting, feitlik 'n daaglikse verslag of beeld van hoe die kerk vir gemeentelede en ook die gemeentskap lyk. Dit moet 'n metgesel vir die bejaarde, eensame en siek persoon wees by die huis, of in die hospitaal. Dit wat jy op die webwerf sien is ook hoe mens dit in die werklikheid sal ervaar. Dit moet so wees dat mens dit gereeld sal wil besoek.
Gehalte
Daar moet 'n strewe na gehalte en professionalisme wees sonder om te strief, sombre, neerslagtig, vermoeiend, hoogdradig, kontroversieël, partydig, eensydig, verkramp, vervelig te wees of nie die werklikheid weerspieël nie. Die webwerf moet nie 'n duur aangekope "template" wees wat deur 'n onbetrokke individu, besigheid of 'n "professional" op aanvraag bestuur word nie. As alles nie altyd mooi en heeltemal professioneel lyk nie is dit ok want alles word deur gemeentelede gedoen wat uiteindelik dit mooi en profesioneel wil laat lyk. Die inhoud en nut moet belangriker as die voorkoms wees.
Voortbestaan
Daar moet met media uit die boks gedink word hoe om in die veranderende wêreld relevant te wees, leiding te gee en die kerk self en sy gemeentskap van verval en ondergang te keer. Die gebruik van media behoort, mag en kan uiteindelik daarna lei hoe die toekomstige kerk kan voortbestaan al kom die voorbeeld van so kerk uit 'n klein hoekie in die land.
Spanwerk
Die media span moet die visie wat hier gekommunikeer word kan debateer, implementeer en dit met behulp van die kerk se visie en doelwitte bestuur.
Vaardighede
Daar sou gepoog word om eerder lede van die gemeente en gemeentskap ekstra vaardighede aan te leer en betrokke te kry by kerk aktiwiteite as om eksterne konsultante en diensleweraars van buite af in te huur (sindroom van huidige "lui" staats-organisasies en munisipaliteite?). Die kerk kan met sy aktiwiteite baie help om sy gemeentelede en die gemeenskap toe te rus met vaardighede, in sommige gevalle vir oorlewing.
Doen dit self
In plaas daarvan om musiek, fotos en videos aan te koop of van eksterne bronne te "roof" (pirate) moet die gemeentelede wat dit self kan produseer se werk voorrang geniet. In plaas van sagteware ten duurste aan te koop kyk wat is gratis en gebruik dit. Om sommer toerusting ten duurste aan te koop in die geloof dat dit 'n goeie produk sal lewer is 'n mite. Kyk vir koste effektiewe toerusting wat maklik gebruik kan word. Die kerk se media infrastruktuur moet verduidelik, geregverdig en geillustreer kan word.
Opleiding
Die klem moet op opleiding wees en om toerusting meer veelsydig te kan gebruik. Die eindproduk van sommige produkte en toerusting wat ten duurste aangekoop word lyk sonder opleiding, spanwerk en leierskap soms nog maar steeds amateuragtig. Amateuragtige organisasies lok en behou nie lede nie en maak sy deure op die ou end toe.
Groter rol in gemeentskap
Daar is ook gespeel met die idee dat die kerk met sy fasiliteite 'n groter rol in die groter gemeentskap moet speel. Daar moet 'n besliste poging en maniere wees om bestaande lede te werf vir deelname in die aktiwiteite van die kerk en in sy fasiliteite. Die kerk is deur die gemeente se bydraes gebou en behoort aan die huidige en toekomstige gemeentelede. Hulle moet die kerk en sy fasiliteite maak werk vir positiewe uitkomste. Toekomsplanne vir die media bediening het ongelukkig in die slag gebly toe die kommunikasie beampte van die kerk bedank het. Met die bedanking is 'n video wat gemaak was om die kerk, sy mense en aktiwiteite aan nuwe gemeentelede voor te stel nie gefinaliseer en gebruik nie en is eers onlangs op die webwerf gewys.
Alternatiewe kerk
Die Covid 19 epidemie het gevolg wat normale aktiwiteite by die kerk onderbreek het en daar vinnig na alternatiewe metodes gekyk moes word om die gemeentelede te kon bereik en te behou. Dit is heel vinnig aan die gang gesit met verkorte opnames van die Sondagdiens wat op 'n redelik goedkoop manier vir kykers op die internet gelaai is. Dit het onmiddelik groot getalle kykers gelok. Daar was positiewe terugvoer vir Onrus gemeente se diens. Daar was selfs versoeke om 'n soortgelyke diens by ander organisasies te kom lewer.
Innovasie
As die kerk nie innoverend kan wees nie en in die toekoms nie innoverend is nie, is daar deesdae nog baie kerke op-lyn waarna lede kan uitwyk. Dws die ligging van die kerk speel nie meer so groot rol nie. Die kerk sal ook na alternatiewe bronne van inkomste moet kyk om al sy onkostes te kan dek. NG Onrus is gelukkig nog 'n gunstige posisie om dit te kan doen.
Addisionele gemeentediens
Ongelukkig kon daar nie met addisionele "uitsendings" begin word om gemeentelede met die Hartklop, Rooitrein, Teentrix en ander bedieninge soos Bybelstudie by die huis te bereik nie. Dit was hoofsaaklik omdat daar toe nog nie iemand in die vakante pos gevind kon word wat leiding kon gee nie. Daar is 'n groot tekort in die media bediening en in die kerk van lede met vaardighede vir die tipe werk.
Opgradering
Gedurende hierdie tyd het Michiel jnr in die pos kom waarneem om die media bediening te bestuur. 'n Nuwe kamera is aangekoop en die kamera en beeld infrastruktuur is opgegradeer. Ek het in die aankoop proses as konsultant deelgeneem en het probeer toesien dat die gemeentelede se vondse effektief aangewend word.
Dokumentasie
Daar is begin om die bedryf van beligting-, video-, klanktoerusting en die infrastruktier hiervan te dokumenteer vir opleiding, gebruik, instandhouding en vir meer effektiewe bestuur van mediatoerusting. Sondagdienste by kerk is weer begin en nuwe lede het in die mediaspan bygekom.
Hoop vir kommunikasie
Na twee jaar is kommunikasie en gesprekke in die mediaspan nog baie gebrekkig en toekomsplanne, toekomsvisie en die rol van media in die kerk is nog maar vaag. Die kerk het geadverteer vir vaste personeel en vrywilligers. Twee nuwe personeellede is aangestel maar daar is nog onsekerheid oor hulle funksies. Daar is ook geadverteer vir persone om tydens eredienste te help. As vrywilliger is ek self op soek na 'n plekkie in die kerk of 'n organisasie waar my belangstelling, kennis en ondervinding van nut sal wees.
10 Oktober 2021
Heidi van der Merwe is aangestel as skakelbeampte en hou ook toesig oor die video opname van die Sondagdiens.
Margaret Olivier is kantoorbestuurder en sorg ook vir elke week se Hartkl;op.
Danie Kotze het by die mediaspan aangesluit en help met die Sondagdiens en is ook gasheer vir 'n weeklikse kleingroep.
Michiel de Kock Jnr het 'n voltydse werk gekry en dis onseker of hy nog deel van die media groep sal wees.
Groete
In 'n naburige voorstad waar ek eers gebly het het die NG Kerk so verander nadat die deure hier ook moes sluit. Dis waar my oom in 1957 getrou het.
Hier is 'n tipiese NG kerk. Dis waar ek gedoop is maar is nie seker of dit nog funksioneel is nie.
Die gratis webwerf is net vir interne kommunikasie. Dit is om inligting en voorstelle makliker te verduidelik