Aanskakel-prosedures
Rekenaar
Skakel regterkantse kragprop agter teen die muur aan.
Skale boksrekenaar regs bo met rooi knop aan.
As daar nie krag is nie, skakel hoofskakelaar op verhoog aan
Projektor
Skakel prop 1 en 2 op verhoog (oostekant) aan. Let wel dat hierdie proppe moontlik reeds deur klankpersone aangeskakel is.
Skakel al drie projektors met die aanskakelknoppie aan. Die afstandbeheerders vir die hoofsaal se projektors is agter by die klank en die sysaal s’n is onder die skerm in die sysaal.
Oorskakeling
Om te skakel tussen die agterste en voorste werkstasies:
Druk Ctr Ctr 1 op die sleutelbord by die agterste stasie om die rekenaar agter te gebruik.
Druk Ctr Ctr 2 op die sleutelbord by die agterste stasie om die voorste stasie te gebruik.
Die voorste stasie se kragprop is bokant die orrel as “rekenaar” gemerk. Maak seker om die skerm ook aan te skakel.
EasyWorship
Oopmaak van skedule (diens)
Maak EasWorship oop (shortcut op desktop).
Gaan links bo na Open > Browse en selekteer die skedule om oop te maak.
Indien dit nie op die regte skerm oopmaak nie, navigeer na die regte folder deur bo-aan op die parent-folder (soos Eredienste, Schedules) te click.
Onder die Schedules folder is daar ‘n folder vir Eredienste en Teentrix.
Vertoon van liedjies
Let asb. daarop dat die instruksies hieronder slegs sommige metodes omskryf – die operateur is welkom om dit te hanteer soos hy/ sy gemaklik is.
Click op die liedjie in die linkerkantse kolom (Schedule-kolom) om dit in die middelste kolom (Preview-kolom) oop te maak.
Dubbel-click op die gepaste teks in die middelste kolom om die na die regterkantse kolom (Live-kolom) te neem.
Verander die teks op die skerm in die Live-kolom deur op die regte teks te click of deur die pyltjies op die skerm of op die sleutelbord te gebruik (let wel dat die seleksie, aangedui deur die blou omlyning, in die regterkanste kolom aktief moet wees om die pyltjies op die sleutelbord te gebruik).
Neem die woorde op die skerm weg deur Clear regs bo te selekteer. Let wel die Clear-funksie steeds aktief sal wees wanneer ‘n volgende liedjie oopgemaak word.
Vertoon van diens-skyfies (preek, ens.)
Selekteer die item in die skedule wat die diensskyfies bevat.
Dubbel-click op die regte skyfie in die Preview-kolom om dit na die Live-kolom te neem.
Selekteer die regte skyfie in die Live-kolom soos nodig.
Indien die prediker self die skyfies verander, maak seker dat die seleksie, aangedui deur die blou omlyning, in die Live-kolom aktief moet wees vir die presenter-afstandbeheer om die skyfies lewendig te verander. Daar bestaan normaalweg ‘n reëling met die prediker dat hy die afstandbeheer kan begin gebruik wanneer hy die tema-skyfie op die skerm sien.
Aanpas van liedjie-teks
Beweeg die muis na die onderkant van die skerm en click op Songs.
Click op die klein wit pyltjie langs COLLECTIONS en kies die versameling (OB, LB, ander, algemeen).
Soek die liedjie om aan te pas, click regs op die liedjie en click op Edit Song. ‘n Nuwe skerm sal nou oopmaak.
Bring die nodige veranderinge aan click op OK.
Click weer regs op die liedjie en kies Update items in Schedule.
Let asb. daarop dat die boonste proses die liedjie binne die databasis verander. Indien die operateur slegs van die verse in ‘n liedjie wil wegneem, maak die liedjie in die Preview-kolom oop, click op die skyfie om uit te vee en druk Delete op die sleutelbord. Vir herhalings van verse kan die operateur slegs teruggaan na die regte woorde in die Live-kolom tydens die sing van die liedjie. Indien ekstra woorde bygevoeg moet word in herhalings, doen dit gerus in die databasis met die stappe soos hierbo beskryf. Moet asb. nie verse verwyder binne die liedjie-databasis as sekere verse nie in ‘n diens gesing word nie. Doen dit eerder in die Preview-kolom aangesien enige veranderinge in die databasis die liedjie ook vir opeenvolgende gebruik sal verander.
Invoeg van ‘n liedjie
Gaan na Songs en navigeer na die regte liedjie.
Click op die liedjie en trek die item in die skedule (linkerkantse kolom) by die regte plek in.
Invoeg van ‘n nuwe PowerPoint file vir gebruik as diens-skyfies
Gaan na Presentations aan die onderkant van die skerm.
Click regs in die grys area tussen die Thumbnail-prente.
Click op Import PowerPoint file.
Selekteer die regte file, click op Open en wag vir die file om te laai.
Trek die item in die skedule in.
Resolusie-verstellings
Dit sal baie selde gebeur dat die volgende stappe uitgevoer moet word – slegs wanneer die prokektorbeeld volskerm vertoon of wanneer daar probleme is. Die projektorskerm moet altyd 16x9 veroon (swart strook bo en onder op skerm – bokant se strook is bietjie smaller) om dit versoenbaar te maak met hoe EasyWorship en die opnames opgestel is.
Click regs op die desktop en kies NVIDIA Control Panel.
Maak seker dat skerm V_2V1210-01 altyd op 1280x720 is en skerm Seiko/ Epson altyd op 1080p, 1920 x 1080 is.
Verander soos nodig en click Apply en Yes.
Indien die beeld van die rekenaar nie op die projektorskerms/ ander skerms vertoon nie, is ‘n eerste stap altyd om die rekenaar af en aan te sit wanneer die projektors/ ander media toerusting reeds aan is.
Afskakel-prosedures
Rekenaar
Maak EasyWorship toe.
Skakel die rekenaar af deur op Start > Power > Shut Down te click.
Skakel die regterkantse prop ager teen die muur (in die middel) af.
Projektor
Skakel al drie projektors met die aanskakelknoppie (hoofsaal se projekor) of die afskakelknoppie (ander twee projektors) af deur die knoppie twee keer te druk. Die afstandbeheerders vir die hoofsaal se projektors is agter by die klank en die sysaal s’n is onder die skerm in die sysaal.
Skakel prop 1 en 2 op verhoog (oostekant) af. Let wel dat hierdie proppe ook krag aan van die ander media- en klankkomponente gee en moet dit eerder nie afskakel as ander toerusting nog in gebruik is nie.