SUKSES OF MISLUKKING - VEROORSAAK DEUR MENSE
Die toekoms behoort aan daardie mans en vrouens wat baie goed is met wat hulle doen. "As jy nie daartoe verbind is om beter te word as wat jy is nie, sal jy slegter word." Om dit op 'n ander manier te stel, enige iets minder as 'n verbintenis tot uitstekende prestasie van jou kant af, is 'n onbewustelike aanvaarding van middelmatigheid.
Jou opgehoopte kennis en ondervinding word dag vir dag verouderd. Die kennis in jou veld verdubbel elke drie tot vyf jaar. Dit beteken dat jou kennis elke drie tot vyf jaar moet verdubbel net vir jou om by te bly.
Die oplossing vir die dilemma van onvermydelike verandering is deurlopende selfontwikkeling. Jou persoonlike kennis en jou vermoë om daardie kennis toe te pas, is jou waardevolste bates. Om op die hoogte van jou wêreld te bly, moet jy voortdurend jou kennis en jou vermoë aanvul. Jy moet jou verstandelike bates voortdurend opbou.
Deur voortdurend in selfverbetering betrokke te wees, kan jy jouself agter die wiel van sukses van jou eie lewe sit.
Klank demo