Hoekom gebruik ek Google - Andre Alberts
Ongeveer 35jr gelede was ek 'n Lotus 123 spreadsheet "power user" by die werk en onthou WordPerfect en dBase van daardie tyd. Met die wegbreek van DOS na Windows 3.0 het ons werk na Microsoft se Excel en Word oorgeskakel en was ek een van die eerste gebruikers wat Excel op my rekenaar gekry het. Met my aftrede in 2001 moes ek my eie Windows XP, Word en Excel sagteware aankoop vir verdere private gebruik. Ek kon die papier en "calculator" gebruikers nie van die waarde van daardie sagteware oortuig nie.
Met Google se bekendstelling van al hoe meer gebruik-vriendeliker alternatiewe sagteware en dienste het ek besluit om daarna toe oor te skakel. Dit was nadat ek gevind het die gewone gebruiker nie in staat of bereid was om die hoë koste vir "professionele" sagteware te betaal nie en ook nie die gebruik daarvan wou aanleer nie.
GRATIS SAGTEWARE EN MAKLIK MET BAIE HULP
Ek het baie van Google se jeugdige kultuur gehou wat baie vinnig begin opgang maak het en 'n sukses maatskappy in 'n baie kort tydperk geword het. Al hoe meer handige maar gratis sagteware, toeps en dienste het my 'n oortuigde gebruiker van Google produkte gemaak.
Die universele taal en oorvleueling van die programme, toeps en dienste, die wonder van online inligting en Google se uitstekende soekenjin het ook byval by my gevind. Deur die regte vraag te vra kan mens onmiddellik antwoorde vir omtrent die meeste probleme vind. Dit plaas hierdie tegnologie baie hoog op die ranglys van wonders van die moderne wêreld.
Microsoft het bietjie van 'n stagnerende burokrasie geword en net bestaan vir eie gewin met 'n beperkte visie en produkte wat meestal aangekoop moes word. Ek het gevind dit was glad nie meer nodig om vir Microsoft produkte te betaal om oor die weg te kom nie.
BEKOSTIGBARE OPSIE VIR ALMAL
Die gratis sagteware behoort die gewone man in die straat, klein besighede en sport organisasies wat nog op papier is te oortuig om dit te gebruik wat maklik is om te leer vir meer effektiwiteit in hulle besighede of organisasies.
DEEL IN SUKSES
Ek het daarvan gehou om deel van die Google kultuur van sukses te wees en het baie daaruit geleer. Ek het eintlik weggebreek van die idee dat sukses gekoop moet word en net met geld bereik kon word.
Vir Microsoft om te oorleef het hulle 'n al hoe meer 'n "monkey see monkey do" organisasie geword, iets wat mens nie behoort aan te nie leer nie. Dit grens te na aan die kultuur van "copy en paste" diefstal. Ek glo in oorspronklikheid, kreatiwiteit en om te kan verander wanneer nodig.
So ruk terug moes mens nog Microsoft 365 aankoop om dit online te kan gebruik. Het dit al verander en bied Microsoft al iets meer as Google vir die gewone man in die straat?
GEREELD OPDATERINGS EN MEER HANDIGE PROGRAMME
Handige gratis programme en dienste wat ek gebruik is Google se Docs, Sheets, Slides, Forms met Drive en Photos vir op-lyn stoorplek. Chrome wat 'n voorsprong was bo Internet Explorer, het Microsoft gedwing om hulle internet blaaier na Google se Chromium enjin te laat oor skakel. Microsoft moes ook hulle Windows slimfoon laat vaar en oorskakel na Google se Android stelsel.
EENSTOP DIENS
Alhoewel ek nog 'n Microsoft Hotmail rekening het verkies ek Gmail bo Outlook en gebruik ek ook Google se Youtube, Meet, Remote Desktop, Contacts, Calendar, Keep (baie handig), Translate en Transcribe (wat Afrikaans vriendelik is), Maps, Street View, Earth, Earth Studio en Google Play vir duisende gratis apps, Webstore vir hope extensions, gratis Sites (vir 'n maklike en gratis webwerf), Sound Search, PhotoScan met nog baie meer wat beskikbaar is.
VERGEMAKLIK OPLEIDING
Ek self sal voortdurend nog groot dele van die gemeentskap en die gewone man in die straat wat rekenaar onkundig is, of slimfoon gestrem is, wil wys hoe maklik dit is om met gratis sagteware oor die weg te kom en deure van kennis en sukses oop te maak met baie van die genoemde produkte.
Die WEBWERF is 100% GOOGLE + GRATIS
HOEKOM MICROSOFT? Kan Microsoft gebruikers my goeie redes gee om terug te verander? Ek dink nie ek gaan sagteware aankoop as dit nie nodig is nie. Microsoft oortuig my nog nie. Andre