Watter kleure maak wit op 'n TV?
Wanneer gekleurde ligte saam gemeng (bygevoeg) word, is die resultaat additief eerder as aftrekend. As die toevoegings primêre (rooi, groen en blou lig) in die regte verhoudings saamgevoeg word, is die resultaat wit
2 3-Point lighting setup
3 DIY Studio Lights - How to Build Your Own!
4 Vir meer oor kwaliteit klik hier
Hier is wat ek graag sal wil doen saam met 'n paar van ons wat direk betrokke gaan wees.
Voorgestelde beligting opset koste R90,000 (PLAN X)
1. Kom een aand volgende week in die saal bymekaar
2. Skakel die ligte aan wat bedoel is om die verskillende areas gedurende 'n erediens te belig. Predikant, kruis, doop, gaste-mikrofoon, musiek en sang
3. Skakel al die huisligte af soos neons en kantligte
4. Maak video opnames en neem fotos van persone in verligde areas.
5. Evalueer die huidige beligting
6. Besluit of enige van die ligte in die huidige posisies nog van nut is
7. Bespreek plan om die beligting te verbeter met huidige apparaat Plan A
PLAN A
1. Ontkoppel kabels en verwyder huidige pyp met ligte
2. Monteer pyp in nuwe posisie nader aan vehoog, verleng en koppel kabels om R4500 vir 'n pyp te spaar.
3. Verstel hoogte van pyp en ligte sodat dit nie voor mosaik vensters sal hang nie (Sien diagram en foto)
4. Stel ligte in om areas soos bo genoem weer te belig sonder dat dit predikante verblind.
5. Maak video opnames en neem fotos en vergelyk die twee verskillende opsette
6. Kyk of daar enige verbetering is. (Spaar R90,000)
7. Indien dit die ligte self is wat oneffektief is (flou of kleur) maar nie meer vir verblinding sorg nie oorweeg om van daardie ligte met nuwe ligte te vervang. 2x R3,350 (R6,700)
8. Belig eers preekarea suksesvol daarmee voor verdere nuwe ligte oorweeg en aangekoop word
9. Koop nuwe ligte en beligting toebehore tussen R30,000 en R40,000 vir 'n maksimum van die goedgekeurde R130,000
10. Neem video of fotos en vergelyk.
Indien daar nie 'n verbetering is nie kyk na ander voorstelle