VRAAG: HOEKOM WIL ONS VERBETER?
Die groot voordeel wanneer mens uitstekende werk lewer is dat mens dan met min krisisse, probleme en treinongelukke te doen het.
(Groep: Noem nog voordele van goeie werk.)
Mens het minder vergaderings en meer tyd vir jouself. Goeie werk word raakgesien, deure gaan oop en op die ou end word mens op baie maniere daarvoor vergoed. Dit versterk mens se selfbeeld en rus jou toe met vaardighede wat gesog is. Dit versterk 'n organisasie en word meer doeltreffend. Die gemeentskap is meer tevrede met minder middelmatigheid en minder mense word afgeskrik as met amateuragtige werk. Die jonger geslag word ook meer aangetrek deur professionaliteit. Die kerk wys hy is ernstig met wat hy doen.
VRAAG
Moet ons terug kyk na die operasionele en tegniese uitvoering na Sondag dienste en die opnames? Moet daar terugvoer gegee word oor tegniese probleme? Hoekom en hoe?
ANTWOORD
Ja, sodat daar genoeg tyd is om dit reg te stel voor die volgende diens en ander operateurs daarvan kennis neem. Verslag in boekie of met 'n Whatsapp groep. Persoonlik na kerk sodat daar vinnig met almal gepraat kan word. Tydelike byeenkoms direk na diens oor tegniese en operasionele goed totdat daar 'n verbetering is
1. Met hoeveel verskillende kamera skote gaan ons oor die algemeen in ons opnames werk.
2. Noem ander skote [oor skouer, oorhoofse]
3. Noem 3 belangrike elemente van 'n kamera skoot. [kop ruimte, oog posisie, kyk ruimte]
4. Hoe kan jy komposisie van 'n kamera skoot verduidelik. [Balans, plasing van items, oop spasies]
5. Wat is belangrik met volgaksies op verhoog (heen en weer). [Kykruimte - moet nie raam stoot nie, antisipeer beweging - beweeg en stop in sinc met persoon wat beweeg]
6. Wat is belangrik met zoem aksies. [Versnel- konstant- glad- een- beweging- eindig, vermy crash zoems, zoem vir 'n rede, beklemtoon iets belangrik, gee meer detail, wys emosie]
7. Waarna moet 'n kameraman kyk voor 'n opname. [Beligting, hinderlike voorwerpe agter aanbieders, posisies op verhoog, toets opname, terugspeel klank]
8. Wat is belangrik aan die einde van 'n kamera segment? [Om te weet wat is volgende. Die oorgang weg en terug na kamera].
9. Noem verskillende maniere om weg van en terug na kamera te gaan. [Doof op van swart, doof na swart, meng na foto, grafiek, video, ander kamera, een van 4 HDMI inputs]